Jou Huwelik - Toonbeeld van Eerlikheid en Respek
- Stephanie Jordaan
- 22 hours ago
- 2 min read

Twee van die belangrikse 'bestandele' van 'n gelukkige huwelik is eerlilkheid en respek. Bestaan dit in jou huwelik?
Gedurende die beginfases van jul huwelik is dit belangrik om genoeg tyd te maak om aan jul huwelik te werk. Maak seker jy verstaan jou lewensmaat, wat sy of haar behoeftes is en dat julle in eenheid is oor wat vir julle huwelik belangrik is. As daar kinders kom en die roetines, aandag en tyd verander dan is jul huwelik op 'n standvastige platform en julle kan met soveel meer sekerheid uitdagings aanpak. 'n Gesonde huwelik gee soveel sekuriteit vir kinders.
Wees oopkop en hou jul huwelik onder 'n vergrootglas. Maak seker julle sorteer probleme vroegtydig uit en kry hulp indien nodig. Kinders is baie sensitief vir enige verskille in hul ouers se huwelik so maak seker jy praat nie lelik van jou man of vrou voor die kinders nie. Hou argumente privaat - dit word nie voor families of kinders hanteer nie.
Eendag as julle dekades getroud is kan jy met dankbaarheid terugkyk na die tyd en aandag wat in jou huwelik gegee het. Dit bly 'n goeie belegging - en as daar uitdagings soos gesondheid, werksveranderinge of ander moeilike situasies en omstandighede oor julle huwelikspad kom dan kan so 'n huwelik wat gebou is op respek en eerlikheid staande bly. Die lewe is soms rof en die vyand weet 'n gelukkige huwelik is die anker van enige gesinslewe. Maak seker hy kry nie 'n kans om moeilikheid te maak nie.
Wees waaksaam en sorteer jul probleme en verskille uit.
Indien jy weet dat dat daar dinge in jul huwelik is wat aangespreek moet word bid gerus die volgende gebed.
Liewe Jesus gee my die krag en wysheid om raak te sien dit wat nie reg is nie. Wys my wat ons eerlikeheid en respek aan mekaar besoedel. Gee ons albei 'n begeerte om dinge aan te spreek wat nie reg is nie. Dankie vir die boustene oor die jare wat ons huwelik gebring het waar dit is. Ons vra U om 'n sirkel te trek om ons huwelik en gesin en kom seel hierdie sirkel met die Naam Jesus. Heilige Gees kom vul ons sirkel - Gees van Wysheid en Gees van Verstand kom lei ons om ons huwelik weer gesond te kry. Dankie Here dat huwelike en kinders vir U belangrik is. In Jesus se kosbare naam - Amen

$50
Product Title
Product Details goes here with the simple product description and more information can be seen by clicking the see more button. Product Details goes here with the simple product description and more information can be seen by clicking the see more button

$50
Product Title
Product Details goes here with the simple product description and more information can be seen by clicking the see more button. Product Details goes here with the simple product description and more information can be seen by clicking the see more button.

$50
Product Title
Product Details goes here with the simple product description and more information can be seen by clicking the see more button. Product Details goes here with the simple product description and more information can be seen by clicking the see more button.
Comentários